On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

National

SA jong mense weet van Ebola

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:43 Thu, 23 Oct 2014

SA jong mense weet van Ebola | News Article

Kaapstad - Sowat vier uit elke vyf jong Suid-Afrikaners is bewus van die Ebola-virus en is bekommerd dat dit na Suid-Afrika kan versprei.

‘n Onlangse studie deur die navorsingsmaatskappy, Pondering Panda, toon dat 88% van die 83% jong Suid-Afrikaners wat van die virus weet, bekommerd is dat dit Suid-Afrika kan bereik.
 
Woordvoerder van die maatskappy, Johan van der Merwe, sê jong Suid-Afrikaners se vrees oor ‘n plaaslike Ebola-uitbreking is waarskynlik weens wye mediadekking die afgelope paar maande. Volgens hom hou dit egter negatiewe gevolge in.

Die studie toon slegs 12% van die meer as 2 300 mense tussen die ouderdomme van 15 en 34 wat ondervra is, glo nie dat die Ebola-virus na Suid-Afrika kan versprei nie.
 
Van der Merwe sê die inligting is saamgestel uit telefoniese onderhoude wat oor tien dae met mense oor die land heen gevoer is.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus 
 

Podcasts

Johan van der Merwe:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.