On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

National

Poskantoor se raad bedank

───   08:43 Sat, 08 Nov 2014

Poskantoor se raad bedank | News Article

Pretoria - Die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) se raad het met onmiddellike effek bedank, het Siyabonga Cwele, minister van posdienste en kommunikasie, aangekondig.

Die raad het aangebied om te bedank ten einde Cwele die geleentheid te gee om in te gryp by die poskantoor, het die departement in 'n verklaring gesê. Die ingryping het ten doel om kwessies by Sapo uit te sorteer na die gewelddadige en onbeskermde staking wat vier maande lank geduur het.

“Hierdie ingryping vorm deel van 'n reeks aktiwiteite wat die regering implementeer om maatskappye in staatsbesit te help om dienste te lewer,” het Cwele in die verklaring gesê.

Cwele en Nhlanhla Nene, minister van finansies, sal werk aan die “opruimingsoperasies” by Sapo. Hulle het Simo Lushaba, voormalige uitvoerende hoof van Rand Water, aangestel om 'n span te lei wat orde by Sapo moet bewerkstellig. Die span het drie maande om dinge om te draai en te verseker werkers meld vir werk aan.

Die span moet ook bestuurskapasiteit evalueer, alle vakante poste vul, verdere finansiële verliese voorkom, onstabiliteit in leierskap voorkom, en die sake teen die geskorste uitvoerende hoof en ander bestuurders finaliseer.

Lushaba se span moet ook met kliënte ontmoet en die publiek se vertroue in die poskantoor terugwen. “Die onbeskermde en gewelddadige staking by die poskantoor het baie skade veroorsaak vir baie burgers, studente, besighede – veral klein en medium-grootte ondernemings – die diplomatieke gemeenskap en veral die werkers van die poskantoor en die maatskappy self,” het Cwele gesê.

Sapa 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.