On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

National

Kragnetwerk bly onder druk

───   08:24 Tue, 25 Nov 2014

Kragnetwerk bly onder druk | News Article

Johannesburg - Die kragnetwerk sal na verwagting vir die volgende paar dae tydens piektye in die aand onder druk wees, het Eskom gesê.

Volgens die kragvoorsiener is die kans vir beurtkrag Dinsdag egter relatief laag. “Dit is te danke aan die goeie vordering wat oor die naweek gemaak is in die opbou van reserwes om die risiko van beurtkrag te verminder.”
 
Eskom het egter gesê die risiko van beurtkrag sal later die week toeneem wanneer water- en dieselreserwes afneem.
 
Die weerstoestande wat vir later die week voorspel word sal na verwagting ook die vraag na elektrisiteit laat toeneem en verdere druk op die kragnetwerk plaas.
 
Eskom het weereens 'n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om elektrisiteit spaarsamig te gebruik oor die volgende paar maande deur hul geisers, swembadpompe en ander nie-noodsaaklike toestelle af te skakel tydens piektye.
 
Eskom het Sondag 'n kragnoodtoestand met sy industriële kliënte verklaar. Daar is ook beurtkrag oor die naweek toegepas.
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.