On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

National

Kommer oor Limpopo-handboeke

───   08:15 Fri, 28 Nov 2014

Kommer oor Limpopo-handboeke | News Article

Pretoria - Daar bestaan kommer dat Limpopo weer volgende jaar met 'n handboektekort gaan sukkel ná die OG se verslag Donderdag gewys het dat die provinsiale departement van onderwys versuim het om die helfte van die handboeke vir 2015 te bekom.

Kimi Makwetu, die ouditeur-generaal, se verslag het onder andere daarop gewys dat minder boeke sedert 2013 afgehaal word en die aflewering van boeke nie gebaseer is op die skole se bestellings nie.
 
Makwetu se verslag oor die departement, wat onder administrasie geplaas is, dui daarop dat die departement ook versuim het om 'n interne bestuursplan vir die aanskaffing en aflewering van studiemateriaal vir leerders en onderwysers te volg.
 
Die departement het ook versuim om vanjaar betyds handboeke af te lewer, ondanks die feit dat administrateurs al die afgelope drie jaar die departement bestuur.
 
Volgens die verslag het die Suid-Afrikaanse Poskantoor foutiewe inligting oor die hoeveelheid handboeke wat by skole afgelewer is, verskaf. In een geval het die poskantoor aangedui dat 5 700 handboeke by Izikhali-skool afgelaai is, maar slegs 25 is in ontvangs geneem.
 
Die verslag verskaf ook besonderhede hoe die departement R3.3 miljoen te veel aan die poskantoor betaal het vir die 2013/14 finansiële jaar, R332 miljoen onreëlmatige uitgawes aangegaan het en altesaam R130 miljoen aan vrugtelose en verkwiste uitgawes.
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.