On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

National

Geen arrestasies na moord om boer van Mosselbaai

───   14:59 Thu, 18 Dec 2014

Geen arrestasies na moord om boer van Mosselbaai | News Article

Mosselbaai - Die Wes-Kaapse polisie soek nog na ses mans in verband met die moord op 'n boer gister.

Polisiewoordvoerder, Malcom Pojie, sê klagte van moord en gewapende roof word ondersoek nadat die 54-jarige, Fedoras Tolman, naby Hartenbos in sy vragmotor doodgeskiet is.
Volgens Pojie was Tolman op pad om sy werkers te gaan haal toe 'n groep gewapende mans hom in 'n lokval op 'n grondpad naby sy plaas aangeval het. Die mans het die pad met 'n stuk hout versper. Tolman het egter nie gestop nie waarna die mans skote op hom gevuur het.
 
 Pojie sê Tolman het beheer oor sy voertuig verloor, waarna hy deur die verdagtes geskiet is. Hulle het daarna 'n epgaar onderweg na Hartenbos se motor gekaap en gevlug. Die egpaar was ongedeerd. Die verlate voertuig is later gevind.
 
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.