On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

National

Dobsonville verdagte wel in hof

───   17:00 Fri, 19 Dec 2014

Dobsonville verdagte wel in hof | News Article

Dobsonville - Die man wat Donderdag in hegtenis geneem is nadat twee kleuters, hul ma en ouma tydens ? rooftog in Dobsonville, Soweto met ? mes aangeval is, het vandag wel in die Protea-landdroshof verskyn.

Dit kom nadat die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), Phindi Louw, vroeër gesê het die aanklagte teen Harris Nhlapo is teruggetrek weens ? gebrek aan bewyse.
 
Volgens Louw het die direkteur van openbare vervolging vir Gauteng-Suid egter besluit die saak moet op die hofrol geplaas word. Die verhoor is uitgestel vir verdere ondersoek.
 
Hy verskyn weer op 24 Desember in die hof. Die familie hou egter vol dat Nhlapo nie die man is wat hulle aangeval het nie.
 
Die tweejarige seuntjie is drie keer in sy kop gesteek en het in totaal agt steekwonde gehad. Die ma is ook verskeie kere in haar linkerarm gesteek. Die kleuters se 60-jarige ouma het ? sny op haar voorkop opgedoen tydens die rooftog.
 
Sapa 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.