On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

National

SAL kanselleer alle vlugte na en van New York

───   15:30 Mon, 26 Jan 2015

SAL kanselleer alle vlugte na en van New York | News Article

New York - Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het alle vlugte na en van New York weens slegte weerstoestande gekanselleer.

SAL-woordvoerder Tlali Tlali sê die kansellering van vlugte kom na 'n erge sneeustorm in New York. Hy sê die lugredery sal die toestande monitor en sal enige veranderinge in weerstoestande wat 'n veilige vlug na New York sal beïnvloed, fyn dophou. Intussen waarsku die Amerikaanse Weerdiens dat nog sneeu kan volg en dat die komende storms selfs as "histories" beskou sal word. Die storms, wat selfs tot in Kanada kan strek, sal sowat 58 miljoen mense in yskoue dompel. Die laaste groot sneeustorm in New york was in 2006, toe sowat 68 sentimeter sneeu geval het. CNN

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.