On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

National

SANDF ontken gerugte van voormalige soldate na Nigerië

───   15:33 Mon, 26 Jan 2015

SANDF ontken gerugte van voormalige soldate na Nigerië | News Article
Pretoria - Die Suid-Afrikaanse Weermag sê hulle is nie bewus daarvan dat enige voormalige Suid-Afrikaanse soldate na Nigerië ontplooi is om te help om die terroristegroep, Boko Haram, te vernietig nie. SANDF-woordvoerder, Siphiwe Dlamini, sê 'n berig hieroor in die Beeld is absoluut onwaar. Beeld het vroeër vandag berig dat voormalige SA Weermag-soldate deel vorm van 'n multinasionale span van private militêre personeel wat na Nigerië op pad is. Die koerant berig verder dat die groep op 'n versoek van die Nigeriese regering gereageer het en dat die span van sowat 100 lede opleiding aan Nigeriese soldate sou verskaf. Die departement van internasionale betrekkinge kon nie bereik word om op die gerugte te reageer nie. Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.