On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

National

AfriForum: Suid-Afrikaners het rede om die polisie te vrees

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:49 Wed, 28 Jan 2015

AfriForum: Suid-Afrikaners het rede om die polisie te vrees | News Article

Bloemfontein - Daar is rede vir Suid-Afrikaners en veral vroue om die polisie te vrees.

Dit volgens AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, Ian Cameron, nadat die "Broken Blue Line"-verslag vandag bekendgestel is.
 
Die verslag, wat deur die Instituut vir Rasseverhoudinge saamgestel en deur AfriForum gefinansier is, bevat 100 voorbeelde van geweldsmisdade waarby Suid-Afrikaanse polisiebeamptes sedert 2011 betrokke was. Dit sluit moord, verkragting, transitorooftogte en gewapende roof in.
 
Volgens Cameron sluit AfriForum se aanbevelings die vervanging van die polisiehoof, Riah Phiyega, asook die minister van polisie, Nkosinathi Nhleko, in. Volgens Cameron is Phiyega onbevoeg en sy was ‘n politieke aanstelling.
 
Nhleko moet ook die trekpas kry en deur iemand vervang word wat meer ervaring in die polisie het.
 
Onafhanklikheid in die polisie is ook nodig.

Cameron sê die verslag is aan parlementslede asook politieke partye gestuur. AfriForum het ook aangedui alle betrokkenes se samewerking is nodig vir beleidsveranderinge en -verbeterings.
 
Die burgerregte-organisasie stel in Februarie ook ‘n verslag bekend oor vuurwapens wat deur regeringsinstellings verduister word.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus 

Podcasts

Ian Cameron:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.