On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

National

Babadogtertjie van Bloemfontein kritiek na sy amper verdrink

───   07:46 Thu, 29 Jan 2015

Babadogtertjie van Bloemfontein kritiek na sy amper verdrink | News Article

Uvongo -'n Twintig maande-oue babadogtertjie van Bloemfontein, wat saam met haar gesin op vakansie in Uvongo was, is in 'n kritieke toestand in die hospitaal nadat sy gister amper verdrink het.

Netcare 911-woordvoerder Chris Botha sê dit blyk dat die gesin die kind in die swembad gevind het en mond-tot-mond-asemhaling op haar toegepas het nadat hulle haar uit die water gehaal het. Dis nie bekend hoe die kind in die swembad beland het nie. Toe paramedici op die toneel verskyn het die dogtertjie weer asemgehaal. Sy is gestabiliseer en na 'n hospitaal geneem vir verdere behandeling. Nuusverklaring

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.