On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

National

Straat vernoem na oudpresident De Klerk

───   08:07 Fri, 30 Jan 2015

Straat vernoem na oudpresident De Klerk | News Article

Kaapstad - Die FW de Klerk-stigting het gister 'n besluit om Table Bay Boulevard in Kaapstad na die voormalige president te vernoem, verwelkom.

Uitvoerende hoof van die stigting, Dave Steward, sê dit is nie 'n eer wat die voormalige president nagejaag het nie en De Klerk is ook nie seker of plekke en strate na lewende mense vernoem moet word nie, maar hy aanvaar die eer in die gees waarmee dit aangebied is. Die straat sal nou as FW de Klerk Boulevard bekendstaan. Steward sê die erkenning van De Klerk op hierdie wyse spruit uit die feit dat die nuwe, nie-rassige grondwet nie net deur die ANC geskep is nie, maar dat ander partye ook bydrae hiertoe gelewer het. Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.