On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

National

Duisende matrieks glo by eksamenkullery betrokke

───   10:20 Sat, 31 Jan 2015

Duisende matrieks glo by eksamenkullery betrokke | News Article

Pretoria - Meer as 2 800 matrikulante en ten minste 34 onderwysers en skoolhoofde van KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap was glo betrokke by grootskaalse eksamenkullery.

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement van onderwys, het gesê 2 089 leerlinge van KwaZulu-Natal en 778 leerlinge van die Oos-Kaap word daarvan verdink dat hulle tydens hul 2014-matriekeksamens gekul het.
 
Mhlanga het gesê die uitslae van die vraestelle, wat by 19 lokale in KwaZulu-Natal en 14 lokale in die Oos-Kaap geskryf is, gaan nie bekend gestel word nie.
 
Die departement het oor die afgelope twee weke verskeie toesighouers en leerlinge ondervra.
 
“Van die betrokkenes het skriftelik erken dat hulle die vrae in 'n sekere manier beantwoord het. Ander interessante bewerings het ook na vore gekom en die ondersoekbeamptes genoop om verder ondersoek in te stel.”
 
Hy het gesê daar was 'n paar belydenisse, meestal van leerlinge, wat die ondersoekbeamptes se ondersoek versterk. “Daar is duidelike tekens dat daar gekoördineerde hulp was,” het hy gesê.
 
Die rede waarom die onderwysers deel van die kullery was, is nog nie vasgestel nie. 'n Leerling het egter tydens ondervraging gesê die onderwysers is lui, en dat hulle nie altyd klas gee nie. Daar word vermoed dat die onderwysers en skoolhoofde die leerlinge gehelp het om vir die gebrek aan onderwys op te maak.
 
Mhlanga het gesê sommige leerlinge het tydens die eksamens hul eie oorspronklike antwoorde uitgewis en dieselfde identies verkeerde antwoorde gekies. Hy het toegegee dit is kommerwekkend dat, afgesien van die bedrog, die onderwysers skynbaar nie eens die korrekte antwoorde ken nie.
 
Dit is nie bekend wanneer die departement se formele verhore oor die aangeleentheid voltooi gaan wees nie. Leerlinge wat aan kullery skuldig bevind word, kan vir drie jaar verbied word om matriek te voltooi.
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.