On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

National

Onnie klap glo kinders wat nie wil baklei

───   08:53 Fri, 27 Feb 2015

Onnie klap glo kinders wat nie wil baklei | News Article

Durban - 'n Onderwyser van 'n hoërskool in Pinetown in KwaZulu-Natal gaan dissiplinêr aangekla word nadat hy glo twee leerlinge aangemoedig het om te baklei.

Isaac Luthuli, woordvoerder van die provinsiale departement van onderwys, het gesê hulle het Woensdag deur middel van die media van die beweerde voorval te wete gekom.
 
Isolezwe het gister berig dat 'n onderwyser by die Nilgiri sekondêre-skool glo twee gr. 11-leerlinge aangemoedig het om te baklei. Die leerlinge het geweier waarna hy hulle glo geklap het. Die voorval is op 'n selfoon verfilm.
 
“Ons wil 'n sterk boodskap stuur aan onderwysers. Ons verwag van hulle om studente touwys te maak en hulle te help om hulle talente te ontdek. Geweld is nie 'n talent waarna ons op soek is nie,” het Luthuli gesê.
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.