On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

National

AfriForum soek antwoorde oor plaasmoorde

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:53 Mon, 02 Mar 2015

AfriForum soek antwoorde oor plaasmoorde | News Article

Bloemfontein - Die burgerregtegroep, AfriForum, wil agter die kap van die byl kom rakende die polisie se beweerde onvolledige getalle vir plaasmoorde wat die afgelope vyf jaar in die land plaasgevind het.

Adjunk-uitvoerendehoof, Ernst Roets, sê AfriForum het vandag aan sy regspan opdrag gegee om die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, te dwing om meer inligting oor plaasmoorde in dié tydperk beskikbaar te stel. Dit kom nadat Phiyega aanvoer plaasmoorde het afgeneem terwyl AfriForum en TLU SA se inligting toon die polisie se syfers is onvolledig. Roets sê AfriForum sal spesifiek die name aanvra van al die boere wat volgens die polisie in die afgelope vyf jaar vermoor is om duidelikheid te kry oor dié moorde wat nie deur die polisie aangeteken is nie. Die kommissaris moet ook die polisie se metodiek oor die insameling van die syfers verduidelik. Hy sê dit is onduidelik of Phiyega doelbewus met oëverblindery besig of bloot uit nalatigheid nie in staat is om betroubare syfers bekend te stel nie. Christal-Lize Muller/OFM Nuus

Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.