On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

National

Leigh Matthews-moordenaar wil nie van tronk verskuif nie

───   08:32 Sun, 29 Mar 2015

Leigh Matthews-moordenaar wil nie van tronk verskuif nie | News Article

Johannesburg - Donovan Moodley, wat skuldig bevind is aan die ontvoering en moord op Leigh Matthews, het 'n aansoek ingedien in 'n poging om die departement van korrektiewe dienste te verhoed om hom uit die Johannesburgse gevangenis te skuif, het die Saturday Star berig.

Volgens die verslag het Moodley Donderdag 'n dringende aansoek by die Johannesburgse hooggeregshof ingedien nadat die departement gepoog het om hom na die Kgosi Mampuru II-tronk in Pretoria te skuif.
 
Moodley het gesê sy aansoek is 'n poging om seker te maak dat hy steeds sy regstudies deur die Universiteit van Suid-Afrika kan voortsit en sy eksamen in Mei kan aflê.
 
Die Saturday Star het verder berig Moodley is ook besorg dat hy nie meer sal kan kitaar speel nie, iets wat hom glo “onuitspreeklike vreugde en vertroosting” bring.
 
Hy het ook versoek om in 'n enkelsel te bly en dat die hof sal verseker dat die tronkowerhede hom nie teister of viktimiseer nie.
Ofentse Morwane, woordvoerder van die departement, het gesê Moodley en ander gevangenes sal bly waar hulle is totdat die departement sy repliek gelewer het.
 
Moodley is in 2005 skuldig bevind aan die ontvoering en moord op die 21-jarige universiteitstudent en dat hy haar pa afgepers het om geld by hom te kry. Hy is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir haar moord, 15 jaar vir ontvoering en 10 jaar vir die afpersing. Hy is sedertdien in die tronk.
 
Matthews is op 9 Julie 2004 uit die parkeerarea by Johannesburg se Bond-universiteit ontvoer. Haar liggaam is op 21 Julie 2004 in 'n veld in Walkerville, in die suide van Johannesburg, opgespoor.
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.