On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

National

Beloning uitgeloof ná polisiemoorde

───   07:27 Tue, 31 Mar 2015

Beloning uitgeloof ná polisiemoorde | News Article

Johannesburg - Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het 'n reuse-beloning uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en suksesvolle vervolging van die verdagtes wat betrokke was by twee onlangse voorvalle waartydens drie polisiebeamptes doodgeskiet is.

Noxolo Kweza, woordvoerder van die polisie, het gesê 'n beloning van R400 000 is uitgeloof in verband met Sondag se voorval waar twee polisiebeamptes doodgeskiet is en nog een gewond is op die N3 naby Edenvale en verlede week se voorval waar 'n polisiebeampte by Parkstasie in die Johannesburgse middestad doodgeskiet is. Kweza het gesê die verdagte wat tydens die skietery op die N3 gewond is en tans in die hospitaal aansterk, is vroeër op parool vrygelaat nadat hy skuldig bevind is aan gewapende roof.
 
Volgens Kweza is daar in die 2014/5-boekjaar reeds nege polisiebeamptes in Gauteng vermoor. Sy het gesê 'n omvattende strategie is gefinaliseer en word tans geïmplementeer. Die strategie behels onder meer voortdurende situasiebewustheid van polisiebeamptes en opleiding en benutting van persoonlike veiligheidstoerusting.
 
“Die leierskap van die polisie is vasbeslote om voort te gaan met hul pogings om die stryd teen misdaad te verskerp. As kriminele dink ons gaan opgee omdat hulle op ons skiet, dan moet hulle weer dink. Ons sal binne die beperkings van die wet verseker dat ons lede se dood nie tevergeefs is nie,” het Kweza gesê.
 
Volgens Kweza is die grootste probleem onwettige vuurwapens. Sy het gesê daar is oor die afgelope twee maande op 456 onwettige vuurwapens beslag gelê.
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.