On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

National

Seun deur jagluiperd aangeval in Jhb-park

───   14:09 Wed, 01 Apr 2015

Seun deur jagluiperd aangeval in Jhb-park | News Article

Johannesburg - 'n 13-jarige seun is deur 'n jagluiperd aangeval en gebyt by die Leeupark in Honeydew, Johannesburg.

Scott Simpson, woordvoerder van die Leeupark, het aan Maroela Media gesê twee seuns, wat in 'n informele nedersetting naby die park woon, het Vrydagmiddag deur 'n draadheining gekruip en met hulle fietse teen die jagluiperdkamp se heining afgery. Die wag by die jagluiperdkamp het nie die seuns gesien toe hy die hek vir 'n motor oopgemaak het nie.

Volgens Simpson het een van die jagluiperds uit die kamp gehardloop en die 13-jarige op sy fiets bespring en gebyt toe hy val. 'n Veldwagter was vinnig op die toneel en kon daarin slaag om die jagluiperd van die seun af te kry. Die seun is na 'n nabygeleë hospitaal geneem en is Dinsdag ontslaan. Hy het bytmerke aan sy arm en skouer opgedoen.

Simpson het gesê hulle gaan veiligheidsmaatreëls in die park verskerp deur onder meer nog waarskuwingsborde aan te bring.

Die nuutste voorval het plaasgevind twee dae nadat 'n  Australiese toeris deur 'n leeu gebyt is in die park.
Brendan Smith en 'n vriend van Pretoria het Woensdag deur die leeukamp in die park gery.
 
Smith het aan die passasierskant gesit en sy venster was oop. Volgens Simpson het hulle in 'n stadium stilgehou om 'n foto te neem. Smith het in die vriend se rigting gekyk en nie een van die twee het glo die leeu langs die motor opgemerk nie. Die leeu sy kop by die venster ingedruk en Simpson aan die bobeen gebyt.
 
Maroela Media

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.