On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

National

MK-leier dreig Vavi met die dood

───   16:42 Wed, 15 Apr 2015

MK-leier dreig Vavi met die dood | News Article

Johannesburg - 'n Leier van die Umkhonto we Sizwe Militêre veterane in Limpopo dreig om die geskorste Cosatu-sekretaris generaal Zwelinzima Vavi te vermoor.

Ondervoorsitter van die veterane-organisasie, Jack Lulamile, het aan vakbondverteenwoordigers gesê hulle moet vir Vavi sê Lulamile Jack, Chris Hani se voormalige lyfwag, gaan hom vermoor omdat hy Cosatu verraai het.
 
Lulamile en ander leiers het gister tydens die vergadering gesê Vavi is 'n las vir die vakverbond.
 
Hulle sê Vavi het begin glo dat hy groter as die federasie is. Lulamile het aanbeveel dat Cosatu president Sdumo Dlamini van Vavi ontslae raak.
 
Hy ontken egter dat hy die uitvoerende bestuur se besluit beinvloed het.
 
- News24 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.