On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

National

Werkersdag in omstredenheid gehul

───   09:39 Fri, 01 May 2015

Werkersdag in omstredenheid gehul | News Article

Durban - Werkersdag vandag word in omstredenheid omhul met twee opponerende optogte wat in Durban deur Cosatu en Numsa en ander vakbonde gehou word.

Die SAUK berig die eThekwini munispaliteit het vroeër probeer om Numsa en ander vakbonde se optog te keer uit vrees van geweld met Cosatu se optog wat deur president Jacob Zuma gelei word.
 
Die Durbanse Hooggeregshof het die munisipaliteit se aansoek verwerp en sê die polisie is verantwoordelik vir die president se veiligheid. Regter Yvonne Bata het in haar uitspraak gesê die veiligheid van president Jacob Zuma is deel van die polisie se mandaat en dit kan nie ander mense se regte aan bande lê nie.
 
Die geskorste hoofsekretaris van Cosatu, Zwelinzima Vavi het gerugte van beplande geweld as belaglik afgemaak.
 
SAUK

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.