On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Geen woord oor nuwe NW-polisiehoof

───   DANE BEISHEIM 16:18 Fri, 22 May 2015

Geen woord oor nuwe NW-polisiehoof | News Article

Potchefstroom - Die minister van polisie, Nkosinathi Nhleko, het nie soos verwag aangekondig wie die leisels by Noordwes se uitgaande polisiekommissaris, Zukiswa Mbombo, sal oorneem nie.

Hy het ná Mbombo se afskeidseremonie in Potchefstroom vanmiddag aan die media gesê dat daar sekere stappe is wat nog gedoen moet word, en die aangeleentheid moet nog met die premier en ander rolspelers bespreek word.
 
Nhleko het egter bygevoeg dat hierdie prosedures grootliks afgehandel is en dat daar binnekort ‘n aankondiging sal wees.

Mbombo sal tot die einde van die maand in haar pos wees, waarna sy sal aftree, na langer as drie dekades in die polisiediens.
 
Dane Beisheim/OFM-nuus

Podcasts

Dane Beisheim:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.