On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

National

Witboordjiewerksgeleenthede neem af

───   THANDI XABA 16:55 Wed, 01 Jul 2015

Witboordjiewerksgeleenthede neem af | News Article

Johannesburg - Suid-Afrika het sedert die begin van die jaar 44 000 witboordjie-werksgeleenthede verloor.

Statistiek SA het ook bekend gemaak dat beurtkrag en die hoë brandstofprys daartoe gelei het dat sewe sektore die grootste werksverliese in vyf jaar beleef het. Statistiek SA se Matlapane Masupye sê van die sektore sluit in vervaardiging, konstruksie en handel.

Masupye sê die tyd van die jaar speel beslis 'n rol - tydelike werkers word dikwels in Desember in diens geneem en dan weer in Januarie laat gaan wanneer dinge stiller is.
Die enigste sektor wat 'n verbetering getoon het was die persoonlike dienste-sektor, insluitend private mediese sorg.

Thandi Xaba/OFM-nuus

Podcasts

Matlapane Masupye:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.