On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

National

AfriForum, TLU SA stel halfjaarsyfers oor plaasmoorde en –aanvalle bekend

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:40 Thu, 02 Jul 2015

AfriForum, TLU SA stel halfjaarsyfers oor plaasmoorde en –aanvalle bekend | News Article

Pretoria - Dit is belangrik om op ‘n gereelde grondslag tendense vas te stel en ‘n oorsig te kry van die geografiese patrone van plaasmoorde-en aanvalle in Suid-Afrika en of dit van gevestigde patrone verskil.

TLU SA se assistant-hoofbestuurder, Chris Van Zyl, sê dit is presies wat dié organisasie in samewerking met AfriForum ten doel het met die bekendstelling van hul halfjaarsyfers oor plaasmoorde en –aanvalle wat sedert Januarie plaasgevind het.
 
Van Zyl sê gegrond op die syfers is dit duidelik daar is ‘n bepaalde geografiese verspreiding van voorvalle in Limpopo en KwaZulu Natal wat meer prominent is teenoor Noordwes, Gauteng en Mpumalanga wat voorheen prioriteitgebiede was.
 
Volgens Van Zyl het aanvalle op slagoffers meer gewelddadig geword.

Van Zyl sê die moordsyfers die afgelope drie jaar op plase in die Vrystaat toon daar is ‘n geografiese verspreiding van voorvalle oor die hele provinsie heen met die distrik Bultfontein en Hertzogville as uitsondering.
 
Volgens hom wek Noordwes se syfers sedert 1999 steeds kommer terwyl die Noord-Kaap tradisoneel laer op die priortiteitslys is. Van Zyl sê die organisasies sal omstreeks 11:00 in Centurion ook ‘n kort oorsig gee van hul onderskeie veldtogte om plaasmoorde te prioritiseer.
 
Intussen word verhoudinge tussen Vrystaat-Landbou (VL) en die polisie, wat gefokus is op samewerking oor kwessies soos veiligheid op plase, die landelike beveiligingsplan en veediefstal versterk.
 
Vrystaat-Landbou se Tommie Esterhuyse sê ‘n tweede vergadering tussen alle belanghebbendes van dié organisasie en die polisie is ‘n stap in die regte rigting. Die vergadering is vandeesweek gehou.
 
Esterhuyse sê VL steun op die polisie en veral die toename in geweldsmisdaad op plase word aangespreek. Volgens hom is 35 gevalle van ernstige geweldsmisdaad op plase sedert Januarie tot op 11 Junie by VKB se ‘veiligheidslessenaar’ aangemeld.
 
Daarvan was 25 plaasaanvalle waarin nege mense, waaronder vier plaaswerkers, vermoor is.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

Podcasts

Chris Van Zyl:

Tommie Esterhuyse:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.