On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

National

Halfjaarsyfers oor plaasmoorde en –aanvalle bekend gestel

───   13:49 Thu, 02 Jul 2015

Halfjaarsyfers oor plaasmoorde en –aanvalle bekend gestel | News Article

Centurion - Die burgerregte-organisasie AfriForum en die landbou-unie TLU SA het die statistieke bekendstel vir plaasmoorde en -aanvalle wat gedurende die eerste helfte van 2015 plaasgevind het en ook nuwe projekte, planne en groot aksies vir die prioritisering van plaasmoorde aangekondig.

Statistiek dui aan dat 1747 plaasmoorde en 3542 plaasaanvalle tussen 1990 en middel 2015 plaasgevind het. Uit die vermoorde slagoffers was 1133 plaasboere, 465 direkte familielede, 130 plaaswerkers en 19 besoekers. In 2015 alleen was daar teen einde Junie reeds 27 moorde en 116 aanvalle.

Genl. Chris van Zyl, assistent-hoofbestuurder van TLU SA, het verduidelik dat hoewel Gauteng tot onlangs die provinsie was waarin dié misdrywe die meeste plaasgevind het, Limpopo nou in die eerste plek staan. Limpopo word gevolg deur KwaZulu-Natal, Gauteng, Vrystaat, Oos-Kaap, Noordwes, Mpumalanga, Noord-Kaap en dan die Wes-Kaap.

Van Zyl het ook gesê dat plaasaanvalle nie net meer verspreid voorkom nie, maar ook meer brutaal en in meeste gevalle noodlottig is.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, sê die feit dat die regering weier om plaasmoorde tot ? prioriteitsmisdaad te verklaar die grofste vorm van diskriminasie denkbaar is.

Roets het vier redes gegee waarom plaasmoorde uniek is en geprioritiseer moet word:
1. Frekwensie van aanvalle.
2. Brutaliteit van aanvalle.
3. Rol wat boere in die samelewing speel naamlik die rol van werkgewers en voedselverskaffers.
4. Ligging van plase waarop aanvalle en moorde plaasvind.

Beide organisasies het ook die belangrikheid van internasionale druk op die Suid-Afrikaanse regering beklemtoon. Ernst Roets en Lorraine Claasen, kriminoloog en navorser by AfriForum, vertrek môre na Perth in Australië om die World Society of Victimology-kongres toe te spreek.

“Ons hoop om internasionale bewusmaking op die platform te kry oor plaasaanvalle. Dit is belangrik dat die buitewêreld ook kennis neem oor wat die omvang van plaasmoorde en -aanvalle is,” het Claasen gesê.

“Ons kan deel van die oplossing wees, maar dan het ons die ondersteuning van die regering nodig. Tot dan sal ons internasionale druk op die Suid-Afrikaanse regering moet toepas. Hulle moet tot daadwerklike aksie forseer word,” het Henk van de Graaf, assistent-hoofbestuurder van TLU SA, gesê.

TLU SA, wat ook sedert 2012 buitelandse platforms gebruik vir die bewusmaking van plaasmoorde en –aanvalle, beplan onder meer vanjaar plaaswagte binne boereverenigingverband wat gebeurlikheidsbeplanning en opleiding insluit asook die uitbreiding van lug- en spoorsnyvermoë.

Ander aksies van AfriForum sluit die uitbreiding van buurtwagte en die bemagtiging van die gemeenskap in. Beide organisasies sal voortgaan om druk op verskeie maniere op die regering toe te pas om plaasmoorde en –aanvalle te prioritiseer.
 
Verklaring verskaf 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.