On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben
Listen Live Streams

National

Nuwe NVG-hoof antwoord vandag vrae

───   09:23 Tue, 07 Jul 2015

Nuwe NVG-hoof antwoord vandag vrae | News Article

Johannesburg - Die nuwe hoof van die nasionale vervolgingsgesag, Adv. Shaun Abrahams sal na verwagting vandag vrae oor sy toekomsplanne met die organisasie antwoord en of hy sal voorgaan met die vervolging van sy adjunk Nomgcobo Jiba.

EWN berig Abrahams word vandag amptelik aan NVG-personeel voorgestel deur die minister van justisie, Michael Masutha. Abrahams is aangestel deur president Jacob Zuma nadat Mxolisi Nxasana 'n uitbetaling van R17 miljoen aanvaar het nadat hy glo koppe gestamp het met Jiba.
 
Abrahams het die werk aanvaar met die wete dat hy oor Jiba se vervolging sou moes besluit. Jiba was sy baas tot sy onlangse aanstelling. Abrahams weet ook dat indien die DA se aansoek om aanklagte van korrupsie weer teen president Zuma in te stel, slaag, hy moontlik die besluit sal moet implementeer.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.