On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

National

Dawie Roodt in hoësorgeenheid na hy in sy huis aangeval is

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:57 Fri, 24 Jul 2015

Dawie Roodt in hoësorgeenheid na hy in sy huis aangeval is | News Article

Pretoria - Hoofekonoom van die Efficient Group en tv-aanbieder, Dawie Roodt, word in Pretoria-Oos-hospitaal se hoësorgeenheid behandel nadat hy en sy gesin gisteraand in sy huis aangeval en vasgebind is.

Roodt se kollega, Willem Basson, sê Roodt se dogter het gisteraand omstreeks 20:00 van aandklasse teruggekeer toe sy buite in haar motor deur vier gewapende mans ingewag is.
 
Basson sê hulle het haar in die huis gedwing en hulle vasgebind. Hulle was gewapen met 'n pistool en messe. Die booswigte het dit duidelik gemaak hulle soek geld.
 
Volgens Basson het Roodt egter kopgehou en aan die rowers gesê hy het geld in sy motor. Hy sê Roodt kon daarin slaag om sy hande los te wikkel, terwyl hy en twee rowers met messe na sy motor gestap het.
 
Roodt het onder meer 'n kopwond opgedoen toe hy en die twee rowers baklei het nadat hy sy hande losgekry het.
 
Volgens Basson was Roodt by sy volle bewussyn vanoggend toe hy hom in die hospitaal besoek het.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

Podcasts

Willem Basson:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.