National
Berig: De Zalze bewyse te min vir vervolging─── 11:58 Sun, 26 Jul 2015
Kaapstad - Senior Wes-Kaapse speurders meen daar is nie genoeg bewyse om enigiemand vir die De Zalze-gesinsmoorde te vervolg nie.
Rapport berig hulle wil op 4 Augustus, wanneer die dossier hersien word, voorstel dat die saak nou maar vir ’n geregtelike ondersoek verwys word.
In ’n geregtelike ondersoek sal ’n landdros die saak bekyk en besluit of enigiemand vervolg kan word vir die moorde op Martin, Teresa en Rudi van Breda, al dan nie.
Net Marli en Henri het die bylaanval in die De Zalze-landgoed in Stellenbosch met onderskeidelik ernstige kopwonde en geringe beserings oorleef.
Die ondersoek duur nou reeds ses maande en polisiebronne het aan Rapport bevestig alle uitstaande toetsuitslae is ingewin, maar daar is steeds geen inhegtenisneming of ’n verdagte nie.
Rapport
