On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

National

‘City Press’ volstaan by Ntuli-Zuma-berig

───   09:48 Tue, 04 Aug 2015

‘City Press’ volstaan by Ntuli-Zuma-berig | News Article

Johannesburg - Die Sondagkoerant City Press se redakteur, Ferial Haffajee, volstaan by die koerant se berig wat beweer dat president Jacob Zuma se vrou, Nompumelelo Ntuli-Zuma, erken het dat sy deel was van planne om die president te vergiftig.

Eyewitness News berig Ntuli-Zuma se regsverteenwoordigers sê die storie wat gepubliseer is, is onwaar en dat hulle oorweeg om die koerant te dagvaar vir die lasterlike stellings.
 
Haar prokureur Ulrich Roux sê die storie is onwaar.
 
Hy sê geen geloofwaardige bronne is in die berig genoem nie.
 
Roux sê dit laat vrae by die regsverteenwoordigers ontstaan hoekom die koerant nie die bronne se name noem as hulle dan oortuig was dat die feite korrek is nie. Hy sê die storie is opgemaak en is lasterlik.
 
 
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.