On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Human Interest

Suid-Afrika meeste dollar-miljoenêrs in Afrika

───   12:11 Fri, 04 Sep 2015

Suid-Afrika meeste dollar-miljoenêrs in Afrika | News Article

Johannesburg - 'n Nuwe studie toon dat Suid-Afrika die meeste dollar-miljoenêrs in Afrika het.

Volgens die verslag van AfrAsia Bank en New World Wealth is daar net in Johannesburg alleen 23 400 dollar-miljoenêrs.

Dertig persent van die totale aantal miljoenêrs in Afrika woon in Suid-Afrika. Die tweede meeste miljoenêrs in Afrika woon in Egipte met 10 200 wat in Kaïro woonagtig is en Lagos in Nigerië het die derde grootste miljoenêr-inwonertal met 9 100 miljoenêrs.

Die studie beskryf miljoenêrs as mense met netto bates ter waarde van ten minste $1 miljoen dollar (of sowat R15 miljoen).

Volgens die studie woon 'n geskatte 163 000 miljoenêrs in Afrika. Die Afrika-stad met die vierde meeste miljoenêrs is Kaapstad met 8 900 en in die vyfde plek is Nairobi met 6 200.

BBC

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.