On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

News Talk

6 Afrikaanse pick up lines (wat gewerk het)

───   12:05 Fri, 17 Oct 2014

6 Afrikaanse pick up lines (wat gewerk het) | News Article
 
 
Dis naweek, jy's single en jy't genoeg selfvertroue bymekaar geskraap om 'n vreemdeling te nader. Hier is 'n paar pick up lines wat ons hoor, werk. 
 
1. Troumateriaal 
Loop na die persoon toe en vat aan sy/haar hemp. Sê dan: “Hierdie voel soos troumateriaal!”
 
2. Braaibroodjies 
Sê my bokkie - voor ons oopmond soen - kan jy braaibroodjies maak?
 
3. Nat klere 
Vir hierdie een het jy ‘n glas water/koeldrank of ‘n drankie nodig.
Doop ‘n vinger of twee in die water/vloeistof en smeer dit op die persoon se hemp af. Nadat jy dit gedoen het, vra die persoon: “Dink jy nie ons moet jou uit hierdie nat klere kry nie?” (Glo dit of nie, dit het vir iemand gewerk!)
 
4. Die magic watch
Het gehoor hierdie een het ook al gewerk…
“Het jy geweet ek het ‘n magic watch? Dit kan vir my sê watter tipe onderklere jy aan het.”
Die persoon gaan waarskynlik nie baie beïndruk wees nie, maar probeer maar verder.
Lyk dan verbaas en sê: “Hy sê jy’t nie onderklere aan nie.”
Die reaksie sal gewoonlik iets in die lyn wees van – “uhm, ek het onderklere aan, jy weet nie waarvan jy praat nie.”
En dan dié punchline: “Ag, askies, ek sien my horlosie is ‘n uur te vroeg.”
 
5. Die bierdoppie
Druk 'n bierdoppie teen jou voorkop vas, loop na die meisie toe en vra "het jý my met 'n doppie gegooi?". Dit behoort ten minste ‘n gesprek te begin – een waarvan jy dalk nie gaan hou nie, maar jy’t reeds die kans gevat. 
 
6. Breek die ys
Gooi ys op die vloer, trap op dit en sê: So, nou dat die ys gebreek is… (Moenie die gesprek daar stop nie – dis awkward vir almal as jy hier ophou praat.)
 
NS: Probeer om nie creepy te wees nie en geniet die naweek.
 
Saamgestel deur MJ Lourens via Reddit en Facebook. 
 
Het jy hiervan gehou? Deel dit met jou vriende op Facebook of Twitter. 
 
Weet jy van enige ander pick up lines wat al gewerk het? Los dit in die kommentaarveld hieronder. 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.