On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

VL stel kundiges aan vir plaasveiligheid

───   16:36 Mon, 11 Aug 2014

VL stel kundiges aan vir plaasveiligheid | News Article
Dirk Kok. - Vrystaat Landbou het twee oudpolisiebeamptes met jare se ondervinding aangestel om boere en boerderygemeenskappe in die provinsie se veiligheid te help verseker.
VL kry op 1 September 'n veiligheidslessenaar wat bestaan uit Jane Buys, 'n veiligheidsrisiko-analis met 'n doktorsgraad en meer as twee dekades se ondervinding in die polisie en die intelligensiediens, asook Gernie Botha, ’n oudpolisieman en prokureur.
VL se adjunk-president, Kobus Breytenbach, sê dié organisasie het lank en deeglik navorsing gedoen en gaan sy stryd teen misdaad en dreigende misdaad teen boere en boerderygemeenskappe nou met mening aanpak, omdat landbouproduksie en voedselsekerheid afhang van plaasveiligheid.
Breytenbach en VL-president Dan Kriek het boere gevra om nou met die veiligheidslessenaar saam te werk om misdaad hok te slaan.



Podcasts

Kobus Breytenbach:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.