On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Human Interest

Koalabeertjie oorleef rit onder motor

───   15:17 Mon, 28 Jul 2014

Koalabeertjie oorleef rit onder motor | News Article
Sydney - 'n Koalabeertjie in Australië het 88 km motorrit oorleef nadat hy aan die onderkant van 'n motor vasgeklou het nadat die motor hom getref het.
Die koalabeer, wat intussen Timberwolf gedoop is, is op 'n besige snelweg deur die motor getref, maar het blykbaar aan die onderkant vasgeklou. Die gesin, wat Timberwolf getref het, het eers agtergekom dat hy aan die motor vashou toe hulle vir brandstof gestop het. Hy is na 'n dierehospitaal geneem, waar hy vir sy beserings behandel is.
 
Die enigste besering wat hy klaarblyklik opgedoen het, is 'n gebreekte nael. Koalas word as 'n "kwesbare" spesie in Australië beskou en daar is minder as 43 000 beertjies in die natuur oor.
 
Timberwolf het pynstillers vir sy nael ontvang en herstel nou by die Australiese dieretuin, wat deur die welbekende natuurbewaarder, Steve Irwin, begin is.
 
BBC

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.