Press Office
AANDAG ALLE BAKKIE-ENTOESIASTE─── 13:04 Tue, 05 Feb 2013
Sentraal-Suid-Afrika se mees geliefde voertuig, die bakkie, sal weereens gevier word by Nampo-park, net buite Bothaville, gedurende die jaarlikse Engen OFM Bakkiedag Musiekfees, aangebied in samewerking met Graan SA. Eienaars van die immergewilde bakkie, hul vriende en familie word weereens genooi na wat die 4de aflewering van hierdie gewilde fees sal wees, op 23 Februarie.
Die Bakkiedag Musiekfees vier die uniekheid van Sentraal-Suid-Afrika en die sentrale rol wat die bakkie vervul. Die geleentheid bring meer as 5 000 OFM-luisteraars na die goed ingerigte terrein vir ’n skouspel van musiek. Daar’s ook meer as 50 uitstallers van regoor die land.
As jy dink jou bakkie is baas, dalk omdat dit die nuutste, oudste, helderste, vuilste, of selfs die vreemdste is, stuur vir ons ’n foto met jou besonderhede na bakkie@ofm.co.za; daar’s lekker pryse te wen op die dag. Organiseerders gaan ook op die uitkyk wees vir die taaiste bakkie op die hindernisbaan waar bakkie-bestuurders hul vernuf gaan wys oor die steiltes, afdraande, ingewikkelde draaie en modderige en klipperige paaie.
Feesgangers sal trakteer word op musiek van Pieter Koen, Die Campbells, Elizma Theron, Bobby van Jaarsveld, Zak Steyn en K2.
Kaartjies is beskikbaar by die hek teen R120 per volwassene en kinders gaan gratis in.
-END-