On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Press Office

OFM steeds trotse lid van Pendoring-familie

───   09:36 Tue, 12 May 2015

OFM steeds trotse lid van Pendoring-familie | News Article
OFM, die klank van sentraal Suid-Afrika, is weer ’n bronsborg van die Pendoring-reklametoekennings.

Volgens Nick Efstathiou, OFM se hoofbestuurder, is die radiostasie opgewonde om steeds deel van hierdie toekennings te wees en daarmee sy ondersteuning van Afrikaans op 'n sigbare manier te toon.

“Die Pendoring-toekennings wat vanjaar 20 jaar oud is, is een van die mees gesogte reklametoekennings in Suid-Afrika. Dit is vir ons 'n voorreg om Suid-Afrikaanse reklame, en veral Afrikaanse reklame, op hierdie manier te ondersteun. OFM het ’n geweldige groot Afrikaanse gehoor en hierdie luisteraars is vir ons werklik belangrik. Ons hoop dat ons vennootskap met die Pendoring-toekennings ook op hierdie manier 'n bydrae tot die uitbou van Afrikaans sal lewer,” sê Efstathiou.

Behalwe die borgskap gee OFM aan die wenner van ’n goue Pendoring in die radiokategorie R75 000 se gratis handelslugtyd mits die bekroonde advertensie op OFM geskeduleer was. In die geval van meer as een wenner kry elke wenner handelslugtyd ter waarde van R50 000 van OFM, mits die bekroonde advertensies op OFM geskeduleer was.
Pendoring is die enigste reklametoekennings in Suid-Afrika wat reklameskeppers finansieel beloon vir uitmuntende werk.

• Die wenner van die Prestigeprys, vir die beste Afrikaanse advertensie, ontvang ? oorsese studiereis ter waarde van R100 000.

• Die wenner van die Umpetha-toekenning, vir die beste advertensie in een van die ander inheemse tale, ontvang R20 000 kontant.

• Elke goue wenner ontvang ’n goue Pendoring-trofee en R6 000 kontant.
• Elke silwerwenner ontvang ’n silwer Pendoring-trofee en R2 500 kontant.
• Die algehele studentewenner stap weg met ’n kontantprys van R10 000, asook ’n internskap in 2016 by Etiket.

Inskrywings sluit vanjaar op 31 Julie. Die wenners word op 30 Oktober tydens 'n glansryke gala-aand by Vodacom World, in Midrand, aangewys.

Vir meer inligting oor die Pendoring-toekennings, besoek www.pendoring.co.za, of bly ingeskakel op OFM, die klank van jou lewe.

Al ons borge is:
Platinum: ATKV, Huisgenoot, Media24, kykNET, Die Dagbreek Trust
Goud: Toyota
Silwer: Die Burger, Rapport
Brons: OFM, Ads24, Jacaranda FM, Caxton-gemeenskapskoerante
Ons vennote is:
Kulula.com; Maroela Media, Leopards’s Leap Wines, Newsclip, MarkLives.com Bizcommunity.com, DEKAT

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.