On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Special Reports

Skotte sê nee vir onafhanklikheid

───   09:11 Fri, 19 Sep 2014

Skotte sê nee vir onafhanklikheid | News Article

Cardiff - Die Skotte het tydens 'n geskiedkundige referendum teen 'n onafhanklike Skotland gestem.

Volgens die jongste uitslae het 55,42% “nee” gestem teenoor 44,58% “ja”-stemme. Volgens berigte is 31 van die 32 plaaslike areas se stemme reeds getel.
 
'n Byna voltal van 97% van Skotland se potensiële kiesers het geregistreer om in die referendum te stem.
 
Skotland het in 1707 saam met Engeland, Wallis en Noord-Ierland die Verenigde Koninkryk gevorm.

David Cameron, Britse premier, het intussen 'n beroep gedoen vir eenheid. “Dit is nou die tyd vir ons Verenigde Koninkryk om bymekaar te kom en vorentoe te beweeg.”
 
Sapa 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.