On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Special Reports

Spesiale verslag: Polisiesterftes in Suid-Afrika [infografika]

───   12:30 Tue, 18 Aug 2015

Spesiale verslag: Polisiesterftes in Suid-Afrika [infografika] | News Article

Altesaam 86 polisiebeamptes in Suid-Afrika is sedert begin Maart verlede jaar tot einde Februarie hierdie jaar dood teenoor 77 polisiebeamtes in die 2013-2014-tydperk.

Luidens ‘n verslag wat die polisie aan OFM-nuus beskikbaar gestel het, is altesaam vier polisiebeamptes in die Vrystaat en een onderskeidelik in Noordwes en in die Noord-Kaap in dieselfde tyd dood. Kenners meen die nasionale toename in die getal polisiebeamptes wat vermoor is in hul werktyd, laat opnuut die gevaarligte flikker. Dit laat ook verskeie vrae opduik rondom die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, en haar span se bekwaamheid en vermoë om te beskerm. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het belanghebbendes gevra om meer lig op die onderwerp te werp.

Altesaam 35 polisiebeamptes is reeds in werktyd in Suid-Afrika vermoor teenoor 29 verlede jaar. Die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) se Johan Burger sê daar is ‘n duidelike styging in die getal polisiesterftes oor die land heen. Volgens hom is daar verskeie redes vir dié toename waarvan die styging in geweldsmisdaad en veral ‘n toename in voorvalle van gewapende roof uitstaan.

Nasionale polisiewoordvoerder, Solomon Makgale, sê ‘n wisseling in die getal polisiesterftes en veral die moord op polisielede is onvermydelik. 

Luister na spesiale ondersoek bo

Hy sê wanneer ‘n polisiebeampte sterf is dit ‘n nasionale krisis. Makgale meen maatreëls is in plek en die polisie wil sover moontlik enige verlies van lewe voorkom.

Luister na spesiale ondersoek bo

Die polisieverslag toon verder 40% van polisiebeamptes tussen die ouderdom van 30 en 40 is dié jaar vermoor terwyl hulle gewerk het. Makgale sê daar was ook ‘n toename in polisielede tussen die ouderdom van 20 en 30 wat oor dieselfde tydperk vermoor is teenoor vorige jare. Hy sê dit is ‘n duidelike aanduiding dat voortdurende opleiding aan ouer polisielede verskaf moet word. Volgens hom is jonger lede in baie gevalle eerste op misdaadtonele en moet geweldadige booswigte hanteer.

Luister na spesiale ondersoek bo

Burger sê die polisie se basiese opleiding is redelik goed. Hy stem saam dat lede wat langer in die polisie is se skerpheid en paraatheid stelselmatig verlore kan gaan.

Luister na spesiale ondersoek bo

Volgens Burger het die polisie in 2012 op ‘n beraad besluit om meer bewustheid in gemeenskappe te kweek. Hy sê navorsing om verbeterde opleiding aan polisiebeamptes te verskaf is ook beklemtoon, maar dit is intussen op die rak geplaas en vergader stof.

Luister na spesiale ondersoek bo

Makgale sê wanneer ‘n polisiebeampte sterf is dit nie slegs ‘n groot verlies vir die naasbestaandes nie, maar vir die polisie in geheel. Dit is ook ‘n traumatiese ervaring vir die oorledene se kollegas. ‘n Voormalige lid van die Bloemfonteinse honde-eenheid, Ivan Heydenrych, sê hy onthou nog duidelik ‘n voorval waarin sy kollega, Werner Muller, in 1999 deur ‘n verdagte doodgeskiet is. Hulle het ‘n minibus-taxi naby ‘n rooftog-toneel afgetrek. ‘n Gewapende man het uitgespring en losgetrek. 

Luister na spesiale ondersoek bo   

Heydenrych sê sedert hy die polisie verlaat het ontvang beamptes beter opleiding en toerusting as destyds, maar hy beklemtoon die rol van die gemeenskap om die polisie by te staan om misdaad te bekamp.

Luister na spesiale ondersoek bo

Die Menseregtekommissie (MRK) het hom ook sterk uitgespreek teen die onglangse vlaag polisiemoorde en doen ‘n beroep op die polisie om dié moored te ondersoek. Sowat sewe polisielede is die afgelope weke vermoor. 

Christal-Lize Muller/OFM-nuus

Map compiled by Lerato Sebe/OFM News. If you're unable to view the map on your cellphone, click here.


 

Infographic compiled by MJ Lourens/OFM News. If you're unable to view the interactive infographic, click here.
* A special thank you to the SAPS for providing OFM News with the following data.

 

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.