The Delightful Blog
TBS: Brief vir Kersvader - Willandrè Esterhuizen─── 06:57 Mon, 24 Nov 2014
Met al die stakings by die poskantoor, was kersvader bang hy kry nie almal se briewe nie, gelukkig luister hy na The Breakfast Special, en het hy die brief aan Andre gestuur:
Liewe Andre
Ek is die tyd van die jaar baie besig in my werkswinkel en ek en my werkers luister graag na die klank van jou lewe terwyl ons werk.
Na gister se normaal of skandaal het ek gevoel ek moet jou kontak. Dit maak my regtig moedeloos as ek hoor dat klein kindertjies begin twyfel of ek regtig bestaan, en miskien met jou hulp Andre kan ons iets hieraan doen...
Kan jy asb vir al die kindertjies in Sentraal SA vra, om vir my ‘n klankgreep op te neem op Mama of papa se foon en dan vir jou te e-pos dan speel jy dit oor die radio sodat ek en al my werkertjies kan hoor wat die kindertjies vir kersfees wil hê
Hulle moet asseblief ook laat weet wat hulle gedoen hierdie jaar. Was hulle soet? Was hulle stout? Het hulle vir mama en papa geluister.
Dankie Andre, ons sien uit om te hoor van die kinders van Sentraal Suid Afrika
Groete
Kersvader
Kersvader
Hier is klein Willandrè Esterhuizen se brief aan kersvader
Onthou om jou klankgreep te stuur aan andre@ofm.co.za, maar onthou om te sê of jy soet of stout was ...