On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Wat eet ons vanaand?

Wat eet ons vanaand? - Feestelike Franse roosterbrood

───   12:27 Wed, 25 Sep 2013

Wat eet ons vanaand? - Feestelike Franse roosterbrood | News Article

Om in die kombuis te staan en wonder: "Wat eet ons vanaand" behoort nou makliker te wees want Sjef Sune Niemand en Checkers het elke week 'n heerlike resep. Vanmiddag probeer ons 'n Franse roosterbrood maar met 'n twist - dit word nie as ontbyd bedien nie. Luister gerus na haar wenk hier onder en laai die podcast gerus af.

 
 
Feestelike Franse roosterbrood


Bedien 6

Oond 180°C

 

5elk                        eiers

                        Sout en varsgemaalde swart peper

6elk                        snye brood

15ml                        botter

250g            spek, gesnipper (kan ook ipv spek iets soos gerookte mossels gebruik)

3elk            tamaties, geskil, pitte verwyder en gekap

250ml            cheddar, gerasper

2elk            skywe feta, grof gekrummel

 

Metode:

1.    klits die eiers, sout en peper liggies en week die brood in die eier mengsel totdat al die eier geabsorbeer is.

2.    verhit die botter in ‘n groot braaipan en braai die geweekte snye brood tot bruin aan albei kante. Pak die gebraaide snye brood in ‘n oondpan en braai die spek in dieselfde pan as waarin die brood gebraai was.

3.    sprei die gebraaide spek (of mossels) en tamaties egalig oor die brood en sprinkle die cheddar en feta kaas oor – bak totdat die kaas begin smelt. Sit voor met groenslaai

 


Podcasts

Wat eet ons vanaand? - Feestelike Franse roosterbrood:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.