On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

World News

Nethanyahu: Geweld in Gaza kan nog lank voortduur

───   07:12 Tue, 29 Jul 2014

Nethanyahu: Geweld in Gaza kan nog lank voortduur | News Article
Jerusalem - Israel se Eerste Minister, Benjamin Nethanyahu, sê militêre aksie in Gaza kan nog lank kan voortduur.
Nethanyahu sê Israel sal nie rus voordat dit sy doelwit - om die militante groep Hamas se ondergrondse tonnelnetwerk te vernietig - bereik het nie.
 
Nethanyahu se waarskuwing kom te mide van hernude geweld in Gaza en die suide van Israel, ten spyte van die VN se pleidooi om vyandigheid te staak.
 
Aanvalle het tot in die vroeë oggendure voortgeduur en die huis van 'n voormalige Hamas Eerste Minister, Ismail Haniyeh, is ook vanoggend deur Israelse militêre vliegtuie geteiken. Dit blyk dat die huis op daardie stadium leeg was.
 
Meer as 1 070 Palestyne, waarvan die meeste burgerlikes is, is sedert 8 Julie in militêre aanvalle dood. Agt-en-veertig Israelse soldate en drie burgerlikes is ook die geweld dood.
 
BBC

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.