On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

World News

Lugvaartbedryfshoofde vergader oor lugveiligheid

───   09:20 Tue, 29 Jul 2014

Lugvaartbedryfshoofde vergader oor lugveiligheid | News Article
Montreal - Lugvaartbedryfshoofde van regoor die wêreld sal vandag in Montreal vergader om te bespreek hoe vlugrampe, soos die afgelope Malaysia Airlines-ramp, verhoed kan word.
Sake wat bespreek sal word kan verreikende gevolge vir passasiers wêreldwyd hê. Die kongres word deur die VN se Internasionale Burgerlugvaartorganisasie aangebied en sal indringend kyk na hoe risiko's vir vliegtuie, wat naby gebiede van konflik verbyvlieg, verminder kan word.
 
Die vlugruimte, waardeur MH17 gevlieg het, is steeds nie gesluit nie, alhoewel verskeie lugrederye insluitend Qantas, British Airways en Cathy Pacific reeds vir 'n geruime tyd die gebied vermy.
 
Sommige van die lugvaartowerhede wil hê dat die VN se lugvaartorganisasie meer verantwoordelikheid vir vlugroetes moet neem, terwyl die Britse Loodse-vereniging meen dat die veiligheidsevaluering vir lugroetes nie goed genoeg is nie.
 
Sky News

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.