On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

World News

‘Ouma’ duik dief, terg hom daarná

───   09:46 Tue, 26 Aug 2014

‘Ouma’ duik dief, terg hom daarná | News Article

Washington - 'n Veertigjarige vrou het 'n jong man (20), wat van die polisie probeer vlug het, geduik en daarná geterg oor "'n ouma" hom vasgetrek het.

Kapt. Mike Kobb van die Richland-polisie in die distrik het aan die Tri-City Heral gesê Becky Powell het saam haar man gery toe sy sien die man vlug van die polisie. Sy het toe haar man gevra om verby die verdagte te ry sodat sy hom kan vaskeer.
 
Toe sy uitklim en die man konfronteer het hy glo probeer om haar te oorweldig maar nie daarin geslaag nie.
 
Powell het glo om hulp gevra, die man vasgepen en toe vir hom gevra hoe dit voel om aangekeer te word deur 'n ma van vyf en ouma van drie.
 
Hoewel die polisie haar optrede geloof het, het Cobb gesê die publiek moet eerder nie betrokke raak in sulke situasies nie.
 
Die man het gevlug weens 'n uitstaande bevel vir sy inhegtenisname, het die polisie gesê.
 
Huffington Post 
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.