On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

National

Justisieminister vra uitstel om weer oor landdros se aanstelling te besluit

───   13:25 Tue, 23 Sep 2014

Justisieminister vra uitstel om weer oor landdros se aanstelling te besluit | News Article

Johannesburg - Michael Masutha, die huidige minister van justisie, het vandag op die trappe van die gelykheidshof aan Solidariteit onderneem om sy voorganger se besluit om landdros Martin Kroukamp nie as senior landdros aan te stel nie, te heroorweeg.

Minister Masutha het ook onderneem om die besluit om 22 ander poste vir senior landdroste terug te trek en weer te adverteer, te heroorweeg.

Die gelykheidshof het beveel dat die saak tot ná 21 Oktober 2014 uitgestel word ten einde die minister toe te laat om met die Landdrostekommissie te konsulteer. Minister Jeff Radebe, wat deur Solidariteit gedagvaar is om in die gelykheidshof oor sy besluit te getuig, spring dus vir eers ondervraging voor die gelykheidshof vry.

Volgens Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, is Solidariteit teleurgesteld dat daar nie ? geleentheid was vandag vir die gelykheidshof om die kwessie van absolute rasseverteenwoordiging te oorweeg nie. “Die saak is egter slegs uitgestel en indien ons nie tevrede is met die uitslag van Minister Masutha se heroorweging van sy voorganger se besluit nie, sal ons eenvoudig voortgaan om die saak weer vir aanhoring ter rolle te plaas,” sê Groenewald.

Solidariteit hou vol dat die saak van die allergrootste belang is vir die beskerming van die integriteit van die regbank. “Die publiek is geregtig op die beste regspleging moontlik. Om sulke senior poste vakant te laat en dan terug te trek op grond daarvan dat ? wit man nie transformasie sal bevorder nie, is eenvoudig onaanvaarbaar en moet hand en tand beveg word,” sê Groenewald.

Verklaring verskaf

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.