On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

World News

17 bruilofsgaste sterf toe boot sink

───   06:44 Thu, 09 Oct 2014

17 bruilofsgaste sterf toe boot sink | News Article

Bali - Minstens 17 mense is dood en 24 word vermis nadat 'n boot met bruilofsgaste in Bali, Indonesië, gesink het.

“Agt mense is Dinsdag ná die ongeluk gered,” het Sutopo Nugroho, woordvoerder vir die nasionale rampbestuuragentskap, Woensdag gesê. Die boot was glo van Raas-eiland na Bali onderweg toe sy enjin onklaar geraak het.

Volgens plaaslike media was die bruidegom ook aan boord, maar dit is nie duidelik of hy die ongeluk oorleef het nie.

Die soektog hervat Donderdag.
 
Sapa/AFP 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.