On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

World News

Uiterste weerstoestande kan vererger

───   07:28 Tue, 27 Jan 2015

Uiterste weerstoestande kan vererger | News Article

Perth - Wetenskaplikes waarsku dat uiterste weerstoestande as gevolg van 'n klimaatsverskynsel in die Stille Oseaan nog baie erger kan raak namate die wêreld warmer word.

Sekere gedeeltes van die wêreld sal tussen uiterstes van 'n baie nat en 'n baie droë klimaat wissel. Die nuutste inligting, wat op klimaatmodellering berus, toon dat uiterste La Nina- en El Nino-verskynsels in die Stille Oseaan waarskynlik sal verdubbel as gevolg van aardverwarming, van een elke 23 jaar, to een elke 13 jaar. Die hoofnavorser van die studie, Wenju Cai van die Statebond Wetenskap- en Bedryfsnavorsingsorganisasie in Australië beteken dit verwoestende weerstoestande met geweldige negatiewe sosio-ekonomiese gevolge. El Nino en La Nina is ingewikkelde weerpatrone wat onstaan vanweë veranderinge in seetemperature in die Stille Oseaan. BBC

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.