On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

World News

Jemen-burgerlikes kry baie swaar

───   17:57 Tue, 30 Jun 2015

Jemen-burgerlikes kry baie swaar | News Article

Johannesburg - Dokters Sonder Grense het vandag ‘n pleidooi aan vegtende partye in die oorloggeteisterde Jemen gelewer om op te hou om burgerlikes te teiken.

Voortslepende lugaanvalle en gevegte het nou so erg geword dat die land in ‘n humanitêre krisis gedompel is.
 
Volgens MSF se Jens Pedersen, is hulle nie net bekommerd oor hul personeel se veiligheid nie, maar die nood vir mediese voorraad het nou ‘n krisis bereik. Hy sê kos kom nie by burgerlikes uit nie en daarby is die meeste van die infrastruktuur in die land onherstelbaar beskadig.

Volgens Pedersen benodig sowat 80% van die Jemenie-bevolking humanitêre hulp, terwyl nagenoeg ‘n miljoen mense sonder heenkome sit.
 
Owen Kock/OFM-nuus 

Podcasts

Jens Pedersen:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.