On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

NW-man terug in hof oor kinderpornografie

───   DANE BEISHEIM 09:33 Thu, 02 Jul 2015

NW-man terug in hof oor kinderpornografie | News Article

Lichtenburg - ‘n Noordwes man sal vandag weer in die Lichtenburg Landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van kinderpornografie.

Bert Viljoen is een van ses mans wat in Augustus 2013 in vier provinsies in hegtenis geneem is. Dit nadat polisie 'n wenk van Interpol ontvang het. Die ander verdagtes, waaronder twee onderwysers en 'n afgetrede skoolhoof, is in Lichtenburg, Potchefstroom, Bloemfontein, Witrivier, Douglasdale en Florida in hegtenis geneem.
 
OFM-nuus verneem dat Viljoen moontlik ’n pleitooreenkoms sal aangaan en vandag gevonnis sal word.
 
Gregory Robinson van Potchefstroom is verlede jaar in die die dorp se streekhof 'n opgeskorte vonnis opgelê.
 
Sy vonnis van vier-jaar tronkstraf is vir vyf jaar opgeskort op die bepaling dat hy nie 'n soortgelyke oortreding pleeg nie.
 
Dane Beisheim/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.