On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Business

Wil jy jou huislening binne 5 jaar afbetaal?

───   15:18 Tue, 20 Feb 2024

Wil jy jou huislening binne 5 jaar afbetaal? | News Article
Francois Vorster. Foto verskaf

Daar is ’n onderskeid of jy die lening met ’n ekstra enkelbedrag afbetaal of dit ’n bietjie vroeër met verloop van tyd doen.

Kan jy jou huislening in vyf jaar afbetaal? Potchefstroom se Koffiewinkelprokureur, Francois Vorster, sê die eenvoudige antwoord is, ja. In OFM Sakeuur se segment vir persoonlike finansies verduidelik hy die verskillende opsies wat beskikbaar is vir huiseienaars.

Vorster sê daar is ’n onderskeid of jy die lening met ’n ekstra enkelbedrag afbetaal of dit ’n bietjie vroeër met verloop van tyd doen. Jy moet bewus wees van die verskille sodat jy nie onkant betrap word nie.

Vorster is ’n prokureur, voormalige koffiewinkeleienaar en brouer, wat sosiale media aangedurf het om regskennis en persoonlike finansiële sake vir almal meer toeganklik te maak. Hy spog met 51 000 volgelinge op TikTok en sy potgooie is beskikbaar op die Francois Vorster Show op YouTube en oudiostroomplatforms.

‘Mense besef nie hulle het ’n probleem nie’

Vorster het aan Kayla Barker gesê inligting oor regs- en persoonlike sake is moeilik vir ’n leek om te verstaan, al is dit aanlyn beskikbaar. Die meeste mense besef nie hulle het ’n probleem totdat hulle die inligting sien nie. Dit bring ons by die uitdrukking – jy weet nie wat jy nie weet nie. Sy gewildheid op TikTok is 'n uitsonderlike prestasie as in ag geneem word dat hy eers in 2022 met sy regspraktyk begin het.

OFM Sakeuur dg

 



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.