On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Twee aangekeer ná rooftog by East Rand Mall

───   15:19 Mon, 19 Jun 2023

Twee aangekeer ná rooftog by East Rand Mall | News Article
FOTO: scrolla.africa

Die polisie het twee verdagtes in hegtenis geneem ná 'n rooftog Sondag by 'n juwelierswinkel in Boksburg aan die Oos-Rand.

Daar word beweer dat sowat agt verdagtes 'n juwelierswinkel binnegegaan en die werknemers met 'n vuurwapen aangehou het voordat hulle 'n onbekende hoeveelheid juweliersware van die rakke geneem het.

Die polisie het beslag gelê op hoëkaliber vuurwapens, ammunisie, voertuie en plofstof.

Een van die verdagtes is in hegtenis geneem toe die polisie en die winkelsentrum se sekuriteit daarin geslaag het om een van hul voertuie in Alexandra, noord van Johannesburg, voor te keer.



“Die verdagte het die polisie na twee huise in Alexandra gelei, waar die tweede verdagte in hegtenis geneem is, en drie ander voertuie is teruggevind,” sê polisiewoordvoerder Mavela Masondo.

“Die verdagtes het twee gewere, 'n pistool, ammunisie en plofstof gehad. Voorlopige ondersoeke dui daarop dat een van die voertuie waarmee hulle gevlug het, ’n Audi A4, vroeg vanjaar in Limpopo gekaap is.”

Die polisie soek na nog twee verdagtes, asook die gesteelde juweliersware.

“Die verdagtes sal aangekla word van sakeroof, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en die besit van 'n vermoedelik gekaapte voertuig,” sê Masondo.


OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.