On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Twee verdagtes aangekeer ná rooftog by Noordwes-inkopiesentrum

───   HEIDRÈ MALGAS 11:00 Sun, 21 Jan 2024

Twee verdagtes aangekeer ná rooftog by Noordwes-inkopiesentrum | News Article

“Die kassier het om hulp geskree en polisiebeamptes, wat naby was, het vinnig opgetree.”

Die polisie van Letlhabile in Noordwes het vinnig gereageer op ’n rooftog en Thato Godwill Manganyi (23) Dinsdag 16 Januarie 2024 in hegtenis geneem. Manganyi en ’n vermeende medepligtige was in die proses om ’n kassier, werksaam by die Letlhabile-inkopiesentrum, te beroof.

Volgens polisiewoordvoerder Adéle Myburgh het hulle die winkel binnegegaan, die kassier met 'n geweer gedreig, en weggehardloop met kontant, geskenkbewyse en selfone.

“Die kassier het om hulp geskree en polisiebeamptes, wat naby was, het vinnig opgetree en Manganyi met ’n geweer en selfone gearresteer. Die tweede verdagte, Golden Sako (22), het weggekom, maar is kort daarna deur 'n familielid aan die polisie oorhandig,” het sy gesê.

Die twee het voor die landdroshof in Brits op aanklagte van roof verskyn. Manganyi word ook aangekla weens ’n ongelisensieerde vuurwapen in sy besit.

Hulle bly in aanhouding tot hul volgende hofdatum – Dinsdag 23 Januarie 2024.

Die Provinsiale Polisiekommissaris, Luitenant-Generaal Sello Kwena, het die polisie bedank vir hul vinnige en dapper reaksie wat tot die inhegtenisname gelei het.

OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.