On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Raaisel oor dood van twee mans in selfoontoring op Postmasburg

───   ZENANDE MPAME 12:24 Wed, 24 Jan 2024

Raaisel oor dood van twee mans in selfoontoring op Postmasburg | News Article
Fanus Maritz die eienaar van die Wi-Fi-maatskappy Draadloos. Foto: Facebook

“Lykskouings sal gedoen word om die oorsaak van hul dood te bepaal.”

Die polisie op Postmasburg ondersoek die dood van twee mans wie se liggame Sondag (21/1) in Newtown in ’n selfoontoring gevind is. ’n Derde man is in ’n kritieke toestand in die hospitaal, maar dis onduidelik hoe hy betrokke is.

Een van die oorledenes is ’n tegnikus wat gereageer het op ’n fout by die selfoontoring en die tweede een is die toring se veiligheidswag wat hom vergesel het. Dit is onbekend wie die derde man is. 

“'n Geregtelike doodsondersoek is geopen ná die dood van twee mans in ’n selfoontoring,” sê Sergio Kock, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder.

Fanus Maritz en Liezélle Brits het die kragopwekker met petrol gevul. Foto: Facebook

“Die oorsaak van hul dood is onbekend en lykskouings sal gedoen word om die oorsaak  te bepaal.”

Maroela Media berig Fanus Maritz (39), eienaar van die Wi-Fi-maatskappy Draadloos, het saam met sy vennoot ’n kragopwekker gaan installeer en dit met petrol gevul. Die voorval het gebeur toe hulle later terugkom.

Liezélle Brits, Maritz se vriendin, het hulp ontbied toe sy net Maritz se koplig kon sien. Dit was toe Samuel Matthys (44), ’n veiligheidswag van Rhino Security, gaan ondersoek instel het.

Samuel Matthys, die veiligheidswag van Rhino Security. Foto verskaf

Nie een van hulle het teruggekom nie, en hul liggame is later ontdek. Enigiemand met inligting kan die Postmasburg-polisiekantoor kontak. Die ondersoek duur voort.

OFM Nuus/Zenande Mpame dg/mc

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.