On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Samwu-lid in Welkom aangekeer midde-in protesoptrede

───   ZENANDE MPAME 10:58 Wed, 31 Jan 2024

Samwu-lid in Welkom aangekeer midde-in protesoptrede | News Article
Tonele voor die Matjhabeng munisipale gebou. Foto: Goldfields Crime & Traffic Updates.

“ ’n Saak van openbare geweld en diefstal van ’n polisievoertuigsleutel is vir verdere ondersoek geregistreer.”

’n Saak van openbare geweld is in Welkom aanhangig gemaak nadat Samwu-lede buitebande voor die Matjhabeng-munisipaliteit se hoofgebou gebrand het. ’n Tweede saak is aanhangig gemaak vir diefstal van ’n polisievoertuigsleutel.

Die vakbondlid (42) is Dinsdag (30/1) in hegtenis geneem en kom na verwagtig Donderdag voor in die Welkomse landdroshof vir diefstal, die verhindering van die polisie om hul pligte uit te voer en aanranding van ’n polisielid.

“Die verdagte is by die Welkom-polisiekantoor in hegtenis geneem waar hy by polisielede wou pleit om nie ’n saak teen hom te maak nie,” sê Stephen Thakeng, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Meer as ’n duisend SAMWU-lede het by die staking aangesluit. Foto verskaf

“Die situasie is onder beheer aangesien lede van die eenheid vir openbare orde voortgaan om dit te monitor.”

’n Staker het na bewering die polisievoertuig genader, die sleutel met die petrolkaart uit die aansitter geneem, na die vyandige skare gehardloop en die polisielede weggestamp. Terwyl hy in die skare was, is hy deur die polisie genader, maar het glo geweier om die polisievoertuig se sleutel en petrolkaart terug te gee. Die sleutel het op die grond geval en is teruggevind.

SAMWU is die reg gegun om met ’n beskermde staking te begin. Foto verskaf

Die vakbond het besluit om op Maandag (29/1) ’n beskermde staking te begin ná onsuksesvolle pogings om met die bestuur van Matjhabeng te onderhandel oor belangrike werksprobleme.

Die voortdurende inmenging deur die burgemeesterskantoor in die bedrywighede van die administrasie van Matjhabeng … is ’n rede tot kommer, veral met berigte wat van amptenare binne die munisipaliteit kom van ongerymdhede waar die burgemeester druk op amptenare plaas om te presteer,” sê DA-raadslid. Igor Scheurkogel.

SAMWU-lede het 'n beroep gedoen op die verwydering van burgemeester Khalipa. Foto verskaf

Die munisipaliteit het ’n streng waarskuwing gerig aan werkers wat aan die staking wil deelneem dat die geen-werk-geen-betaling-reël streng toegepas sal word.

OFM Nuus het vroeër berig dat werkers van die munisipaliteit weer hul teenkanting teen kaderontplooiing duidelik gemaak het terwyl hulle ’n beroep doen dat burgemeester Thanduxolo Khalipha sy amp ontruim.

OFM Nuus/Zenande Mpame cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.